1. Greek Cape Town Lawyers - Itzeck Incorporated
  2. Italian Cape Town Lawyers - Itzeck Incorporated
  3. Russian Cape Town Lawyers - Itzeck Incorporated
  4. German Cape Town Lawyers - Itzeck Incorporated
  5. Afrikaans Kaapstad Prokureurs - Itzeck Incorporated
  6. English Cape Town Lawyers - Itzeck Incorporated

Administratiewe reg

Administratiewe reg is gebaseer op die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika van 1996 en op die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid Nr. 3 van 2000 wat’n groot invloed op die regsbetrekkings van staatsinstansies het t.o.v. hulle interaksie met privaatpersone, maatskappye/besighede en ander openbare inrigtings. Administratiewe reg kan nie maklik gedefinieer word nie, en behels die staatsmag en funksies van staatshandelinge in die bestuur van die ekonomie, onder andere lisensiëring, stadsbeplanning, onteiening, belasting en die omgewing. Almal het ’n reg tot administratiewe prosesse wat regmatig, redelik en prosessueel regverdig is. Enigiemand wat negatief deur administratiewe prosesse geraak word, het die reg om ’n skriftelike kennisgewing met redes vir die nadelige besluit te ontvang.

Terug na definisies