Afdwinging van buitelandse beslissings
Afdwinging van buitelandse beslissings is die erkenning en afdwinging van ’n geldige beslissing in een regsjurisdiksie, maar wat in ’n ander (“buitelandse”) jurisdiksie verkry is. Buitelandse beslissings mag op die basis van verdrae of ooreenkomste tussen internasionale state of eensydig sonder ’n uitdruklike internasionale ooreenkoms erken word.
Die “erkenning” van ’n buitelandse beslissing geskied onderhewig aan regs- en prosesformaliteite as ’n hof van een land of jurisdiksie ’n regsbelissing wat in die hof/howe van ’n ander “buitelandse” land of jurisdiksie gemaak is, aanvaar en ’n beslissing onder wesentlik identiese voorwaardes bekragtig.
Sodra ’n buitelandse beslissing erken word, kan die suksesvolle party in die oorspronklike saak aansoek doen vir die “afdwinging” van die beslissing in die erkennende land. As die buitelandse beslissing ’n geldelike beslissing is en die skuldenaar bates in die erkennende jurisdiksie besit, het die krediteur toegang tot al die regsmiddels vir afdwinging, asof die saak in die erkennende land ontstaan het.
Terug na definisies