Boedelbereddering
Boedelbereddering is die proses en prosedure waartydens die belange van ’n oorledene behartig word en verseker word dat sy/haar aanwysings nagekom en uitgevoer word. Die boedel van elke oorledene, ongeag sy/haar status, moet i.t.v. die Boedelwet Nr. 66 van 1965 (soos gewysig) aan die owerhede gerapporteer word en daarna beredder word, ongeag of die oorledene ’n geldige testament verly het of nie. Die inrigting wat i.t.v. die bogenoemde wetgewing bevoeg is om toesig oor die beredderingsproses en-prosedures te hou, is die aangewese Meesterskantoor binne die voorgeskrewe jurisdiksie van ’n Hoë Hof.
Besoek asb. ook en verwys na Eiendomsreg hierbo aangesien dit ’n verwante onderwerp is.
Terug na definisies