Regsgebiede
TAAL – die aanbieding en/of uitspraak daarvan is van uiterste belang by die regsuitleg.
Die regsgebruik van woorde is ingewikkeld.
’n Presiese betekenis kan slegs bepaal word in die konteks waarin dit gebruik word.
In ’n poging om die woorde hieronder tot die noodsaaklikste te herlei, en om sodoende die betekenis en belangrikste elemente van sekere regsgebiede te beskryf, het verskeie regsbegrippe verskillende betekenisse.
Die volgende beskrywings wat in ’n willekeurige volgorde opgelys word, is slegs veronderstel om besoekers van ons webtuiste te help om hulle moontlike mandaat aan ons dalk in ’n regsgebied te kategoriseer. |
U MANDAAT
Ons waardeer goeie betrekkings met ons mandante en is van mening dat die kwessie van fooie, kostes en uitgawes volledig en skriftelik voor die begin van u mandaat met u bespreek en opgeteken moet word. Ons is gemoeid om ons dienste professioneel te handhaaf en om onnodige geskille op ’n latere tydstip te vermy.
Dit is ook belangrik vir mandante om daarvan bewus te wees wat ons fooie dek en hoe ons finale rekening saamgestel word. Ons moedig u dus aan om hierdie kwessies voor die begin van die mandaat volledig met Mnr. Itzeck of ons professionele personeel te bespreek. Opregtheid tydens die hele mandaat is van die grootste belang. As daar enigiets van enige aard is wat u bekommer, is u welkom om u kommernis te enige tyd met ons te bespreek.
Baie dankie dat u ons webtuiste besoek het en dat u oorweeg om u aangeleentheid aan die prokureurspraktyk Itzeck Ing. Prokureurs toe te vertrou.
