Kredietreg
Kredietreg word in die volksmond gelduitlening genoem en het die Nasionale Kredietwet Nr. 34 van 2005 (die “NKW”) as ’n basis. Dit waarborg ’n regverdige en nie-diskriminerende mark vir die toegang tot verbruikerskrediet en inligting. Die NKW bevorder verantwoordelike kredietverlening en -gebruik, en verbied dus roekelose kredietverlening deur finansiële instellings as geregistreerde diensverskaffers, skuldherstrukturering in geval van oorverskuldigheid en skuldberadingsdienste.
Besoek asb. ook en verwys na Handels- en Kontraktereg en Borgstelling hierbo aangesien dit verwante onderwerpe is.