Nasionaliteitsreg
Nasionaliteitsreg is die regsgebied wat kwessies i.v.m. nasionaliteit en burgerskap raak, en hoe nasionale of dubbele burgerskapsstatus verkry, oorgedra of verbeur word. Die beslissings word gewoonlik deur gewoonte, wetgewing of hofsake (presedente), of deur ’n kombinasie van bogenoemde bepaal. Dit kom ook voor dat beslissings t.o.v. nasionaliteit deur volkereg, verdrae (konvensies) oor staatloosheid en die Europese Konvensie oor Nasionaliteit bepaal word.
Besoek asb. ook en verwys na Administratiewe reg hierbo en Immigrasiereg hieronder aangesien dit verwante onderwerpe is.
Terug na definisies