Kaapstad Prokureurs | Itzeck Incorporated
Itzeck Ingelyf Prokureurs, gestig in 1997, geleë te suite 1001, 10de verdieping, 1 Thibault Plein, Laer Langstraat, Kaapstad, met parkeerplek op die terrein, is ’n veeltalige, internasionaal geassosieerde praktyk met ’n globale handelsmerkpolitiek. Ons naam is sinoniem met aanhoudend dinamiese, onafhanklike, toegewyde en betroubare verteenwoordiging.
In die eerste plek is ons mense wat sowel die individuele persoon verstaan asook die persoon, wat as die verteenwoordiger van ’n inrigting optree. Volgens ons beroep is ons regslui wat daar is om u te help, te bemiddel en u ten opsigte van u regsbehoeftes op alle gebiede van u onmiddelike en die globale omgewing teen ’n billike vergoeding te adviseer.
U is die persoon aan wie ons ’n diens lewer. Ons advies fokus op wat u moet weet in skerp teenstelling met wat u moontlik wil hoor, en sodoende word vertroue opgebou. Ons het geen verpligtinge teenoor enige finansiële of bankinrigting nie en dus is die potensiële botsing van belange duidelik verminder.
Die toekoms van Itzeck Ing. Prokureurs lê in die opleiding van Suid-Afrikaanse prokureursklerke en Europese “Referendare”, wat in terme van ons filosofie en die kultuur van die regsberoep die toekomstige regslui sal wees. Deur voortgesette regsonderrig, opleiding en ontwikkeling word die identiteit van Itzeck Ing. Prokureurs gedurig vernuwe.
Itzeck Ing. Prokureurs is ’n lid van die Legal Practice Council en word daardeur gereguleer.
“As ’n mens alle wette sou wil studeer, sou ’n mens geen tyd
tot beskikking hê om hulle te oortree nie” – J.W. von Goethe