Vermaaklikheidsreg
Vermaaklikheidsreg is ’n begrip vir ’n mengsel van meer tradisionele regsgebiede met fokus op die aanbod van regsdienste aan die vermaaklikheidsbedryf. Vermaaklikheidsreg oorvleuel die konvensionele gebied van intellektuele eiendomsreg (veral handelsmerke en kopiereg, hierna intellektuele eiendom genoem). Algemeen gesien het vermaaklikheidsreg betrekking op indiensnemingsreg, kontraktereg, insolvensiereg, immigrasiereg, agentskapsreg, intellektuele eiendomsreg, reg op privaatheid, naamskending, klaring van regte, produkplasing, advertensie, strafreg, belastingsreg, internasionale reg (veral internasionale privaatreg), en versekeringsreg.
Terug na definisies