Admiraliteitsreg
Admiraliteitsreg, ook Seereg genoem, is ’n afsonderlike en aparte regsgebied met ’n eie jurisdiksie wat onderliggende of ondergeskikte admiraliteitseise bepaal teenoor die aanwending van die gewoonteregsjurisdiksie van die Hoë Hof en die Landdroshof:
Verbande en krediteurseise teen die sekuriteit van ’n skip
Skade berokken deur of aan ’n skip
Lewensverlies/persoonlike besering veroorsaak deur ’n skip
Verlies of skade met betrekking tot die vervoer van goedere
Berging, sleepwerk en loodsing
Nodige uitgawes, eise
Skeepsbou en –herstel
Vergoeding van agente, makelaars en eise teen hulle, lone
Hawegeld
Uitkering van ’n fonds bestaande uit die opbrengs van ’n verkoop in eksekusie
Inbeslagnemings en inhegtenisnemings
Vonnisse en arbitrasiebeslissings
Bydrae, skadeloosstelling, skadevergoeding of sekuriteit
Wederregtelike inhegtenisnames
Terug na definisies