Arbeidsreg
Arbeidsreg t.o.v. die individuele persoon by sy/haar werksplek is indiensnemingsreg en individuele arbeidsreg wat werknemers se reg om te werk, asook hulle regte by die werk in terme van ’n werkskontrak (werksooreenkoms) bepaal. Indiensnemingsstandaarde is sosiale norme vir die minimum sosiaal aanvaarbare omstandighede waaronder werknemers of kontrakteure moet en mag werk. Die Werkgewersorganisasie se reëls, regulasies en prosedures wat ingestel is om kontrakbreuk, norme, en praktyke te ondersoek wat toelaat dat beswaar aangeteken word, dat tug- en appèlsake gehou word en beroep op die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (die “KVBA”) gedoen word.
Besoek asb. ook en verwys na Handelsbeperking, Sport- en Sportreg hieronder aangesien dit verwante onderwerpe is.
Terug na definisies