Intellektuele eiendom
Intellektuele eiendom is ’n regsbegrip wat na skeppings van die verstand/intellek verwys en ten opsigte waarvan eksklusiewe regte erken word. Onder intellektuele eiendomsreg word sekere eksklusiewe regte t.o.v. ’n verskeidenheid van ontasbare bates toegestaan, soos musikale, letterkundige en kunswerke; en woorde, frases, simbole en ontwerpe. Algemene tipes intellektuele eiendomsregte sluit kopiereg, handelsmerke, patente, industriële ontwerpsregte en – in sommige jurisdiksies – bedryfsgeheime in.
Terug na definisies