1. Greek Cape Town Lawyers - Itzeck Incorporated
  2. Italian Cape Town Lawyers - Itzeck Incorporated
  3. Russian Cape Town Lawyers - Itzeck Incorporated
  4. German Cape Town Lawyers - Itzeck Incorporated
  5. Afrikaans Kaapstad Prokureurs - Itzeck Incorporated
  6. English Cape Town Lawyers - Itzeck Incorporated

Mededingingsreg

Mededingingsreg is daarop gemik om gelyke geleenthede te skep om regverdig aan die nasionale ekonomie deel te neem en om in die internasionale markte mee te ding. Geloofwaardige mededingingsreg en strukture om die Wet op Mededinging Nr. 89 van 1998 (soos gewysig) toe te pas is van die grootste belang vir ’n effektiewe en funksionerende ekonomie waarop alle sektore van die ekonomie kan staatmaak en waardeur hulle baat. Onmededingende handelspraktyke word ontmoedig, gevolglik is ’n Mededingingskommissie ingestel wat verantwoordelik is vir die ondersoek, beheer en evaluasie van beperkende praktyke, die misbruik van dominerende posisies en die stigting van ’n mededingingstribunaal om beweerde misbruike en verwante aangeleenthede te beslis.

 

Terug na definisies