Staatsreg
Staatsreg is gebaseer op die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika van 1996 wat ’n nuwe grondwet aan die Republiek van Suid-Afrika verskaf het, en dit bevat basiese regte en verwante aangeleenthede: burgerskap, tale, menswaardigheid, gelykheid, lewe, vryheid en veiligheid, privaatheid, godsdiensvryheid, geloof, mening en meningsuiting, bewegingsvryheid, handelsvryheid, beroepsvryheid, gesondheid, onderwys en kultuur, toegang tot inligting, regverdige administratiewe prosesse, toegang tot regshowe en ewe belangrik, die verpligting om regte in te perk.